Nuusbrief no.13/12
July 19, 2012  

Supplied by Elize Bekker from francesvorwergschool


Welkom terug aan al ons leerders en ouers na die lang winter vakansie.  Ons hoop almal is deeglik uitgerus en gereed vir die nuwe kwartaal met al sy uitdagings.  Soos in die verlede maak ons staat op almal se goeie ondersteuning, samewerking en lojaliteit.

 

OUERAAND:

 

U word herinner aan die oueraand wat plaasvind op Donderdag 26 Julie om 18:00 in die skoolsaal.


KONSERTNUUS:
Ons konsert vindplaas D.V. 25 tot 27 September 2012.  Kaartjies vir die onvergeetlike geleentheid sal verkoop word vanaf Augustus.

VERVOER BENODIG:

 

Daar is ‘n leerder in Rembrandt Park wat vanaf die Edenvale Hospitaal vervoer benodig.  Indien u kan uithelp kontak asb. vir Lydia by 076 230 8926

 

Indien u vervoer benodig vanaf Walkerville, kontak Bessie Somer by 078 979 9148

  

Mnr. L. van Wyk

HOOF

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Web technology provided by Entelect